Ons trekker staan stil – help ons om weer ’n verskil te maak

Die AfriForum-tak in Bloemfontein se trekker, wat ’n belangrike rol in ons gemeenskapsprojekte speel, het gebreek en ons benodig nou die hulp van die gemeenskap en plaaslike ondernemings om die nodige herstelwerk te kan doen.

Hierdie trekker is vir ons van onskatbare waarde. Dit word gebruik om parke, oop velde en openbare ruimtes netjies te hou deur gras te sny en gebiede in stand te hou wat andersins vinnig verval. Netheid gaan egter nie net oor voorkoms nie – dit dra ook direk by tot veiligheid. Oorgroeide parke en velde skep wegkruipplekke, verhoog risiko’s vir misdaad en laat gemeenskapsruimtes verwaarloos lyk.

Met hierdie trekker kan AfriForum se Bloemfontein-tak voortgaan om prakties in te spring waar hulp nodig is en ons gemeenskap skoner, netjieser en veiliger te maak.

Ons doen daarom ’n beroep op inwoners, ondernemings en gemeenskapsvennote om ’n donasie te oorweeg vir die herstel van die trekker. Elke bydrae, groot of klein, help ons om hierdie noodsaaklike toerusting weer in werking te stel.

Kom help ons om Bloemfontein skoon, veilig en trots te hou.

Donasies

Donasies kan gemaak word aan:

Bankbesonderhede
Rekeningnaam: AfriForum NPC
Rekeningnommer: 623 4989 8398
Taknaam: FNB Centurion
Takkode: 261550
Verwysing: Trekkerherstel

Besoek www.wordlid.co.za vir meer inligting of om betrokke te raak.

Soortgelyke plasings

#OnsSalSelf