Slaggate, Viljoenskroon
| |

AfriForum-tak in Viljoenskroon herstel 43 slaggate in strate om hoërskool

Die AfriForum-tak in Viljoenskroon het in Januarie 43 slaggate in Viljoen- en Kerkstraat, wat om die Hoërskool Salomon Senekal geleë is, herstel nadat dié gedeelte van die pad bykans onrybaar was. Altesaam 40 sakkies teer is gebruik, wat beteken dat daar slegs in hierdie twee strate een ton teer weggewerk is. Die onkoste van die projek het R3 880 beloop.

“Die Moqhaka Plaaslike Munisipaliteit versaak die inwoners van Viljoenskroon, wat ook die belastingbetalers is. Gelukkig is dit nie in ons aard om so te lewe nie en is daar fondse van ons lede in Viljoenskroon om vir verbeterings in en om die dorp aan te wend. Ons mag egter nie ophou om druk op die munisipaliteit toe te pas dat hulle doen waarvoor hulle betaal word nie,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

“Ons het op die strate om die hoërskool, wat die ouers moet gebruik om by die skool te kom, gefokus. Hierdie strate is egter in ’n jammerlike toestand daarom is professionele ingryping van die munisipaliteit steeds nodig,” sê Attie Barnard, voorsitter van AfriForum se Viljoenskroon-tak.

Indien jy wil betrokke raak by die AfriForum-tak, kontak Barnard by 082 557 1428. Om by die Viljoenskroon-buurtwag betrokke te raak, kontak vir Herman Smit by 072 127 2250.

Soortgelyke plasings

#OnsSalSelf