| | |

AfriForum verwyder 1,5 ton vullis tydens opruiming in Keimoes-park

Die AfriForum-tak in Keimoes het verlede week ’n skoonmaakprojek by die park in Hoofstraat uitgevoer as deel van die tak se voortdurende pogings om die dorp skoon, veilig en netjies te hou. Die park is oorkant die Waterwiel-monument geleë waar die tak onlangs opknappings aangepak het.

Tydens die projek het die tak ongeveer 1,5 ton vullis, boumateriaal, gras en ander rommel opgetel en na die plaaslike vullisterrein geneem.

Die park het oor tyd heen aansienlik vervuil. Dit het die voorkoms van die dorp benadeel, maar hou ook ’n moontlike gesondheids- en veiligheidsrisiko vir inwoners en besoekers in. Die skoonmaakspanne het hard gewerk om die gebied weer in ’n netjiese en bruikbare toestand te herstel.

Die AfriForum-tak in Keimoes doen ’n beroep op inwoners en ondernemings om saam te werk om openbare ruimtes met trots en respek te behandel deur nie onwettig afval te stort nie. Gemeenskapsamewerking bly noodsaaklik om ’n skoner en meer aantreklike dorp vir almal te verseker.

“Ons openbare ruimtes behoort aan die gemeenskap en dit is elke inwoner se verantwoordelikheid om te help om dit skoon en veilig te hou,” sê Werner Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Kalahari.

Soortgelyke plasings

#OnsSalSelf