|

AfriForum se Theewaterskloof-tak sit selfdoenaksies in Botrivier voort

Die AfriForum-tak in Theewaterskloof het in Julie instandhoudingswerk in Botrivier voortgesit nadat swak munisipale dienslewering daartoe gelei het dat die basiese instandhouding van openbare ruimtes nie plaasgevind het nie. Vrywilligers het oorhangende takke in die middedorp, onder meer by die Botrivier-treinstasie, afgesaag en verwyder as deel van die tak se voortdurende pogings om Botrivier skoon, netjies en veilig te hou.

“Die tak se selfdoenaksies is daarop gemik om ’n tasbare verskil in die dorp te maak. Hoewel dit nie die gemeenskap se verantwoordelikheid is om munisipale pligte oor te neem nie, kan inwoners ook nie toekyk hoe hul omgewing agteruitgaan nie,” sê Carel Kriel, voorsitter van AfriForum se Theewaterskloof-tak.

AfriForum se Theewaterskloof-tak sal voortgaan om gereelde selfdoenaksies, insluitend grassny- en instandhoudingsprojekte, in Botrivier aan te pak. Die tak doen ook ’n beroep op inwoners om betrokke te raak en saam te werk om die dorp netjies en leefbaar te hou, terwyl druk op die munisipaliteit uitgeoefen word om sy grondwetlike pligte na te kom.

Raak vandag by jou naaste AfriForum-tak betrokke. Besoek www.wordlid.co.za vir meer inligting.

Word n lid

Maak n donasie

Soortgelyke plasings

#OnsSalSelf