Uitsig-buurtwag en ander verbeter padveiligheid by Onze Rust Primêre Skool



AfriForum se Uitsig-buurtwag het op 14 Maart saam met verskeie AfriForum-afdelings, vrywilligers en ander organisasies gewerk om ’n opknappingsinisiatief by die Onze Rust Primêre Skool in Bloemfontein aan te pak. Tydens hierdie aksie is padmerke by die skool geverf om dié area veiliger te maak vir leerders, ouers en motoriste.
Duidelike padmerke is belangrik vir padveiligheid veral in areas waar kinders daagliks die pad gebruik om by die skool uit te kom.
Hierdie aksie is in samewerking met onder meer AfriForum Jeug, die AfriForum911-reaksie-eenheid, AfriForum Dienste, Mata Security, VR Med en Fire Ops SA (Bloemfontein) aangepak.
“Wanneer gemeenskappe, veiligheidsorganisasies en vrywilligers saamwerk, kan daar tasbare verbeterings in ons omgewing aangebring word. Aksies soos hierdie wys dat ons nie hoef te wag vir verandering nie, ons is ’n gemeenskap wat self ’n verskil maak, veral wanneer dit by die veiligheid van ons kinders kom,” sê Christo Groenewald, AfriForum se distrikskoördineerder in Bloemfontein.
AfriForum bedank graag elke organisasie en vrywilliger wat hul tyd, energie en hulpbronne beskikbaar gestel het om hierdie projek moontlik te maak. “Hierdie tipe samewerking speel ’n sleutelrol om veiliger omgewings vir kinders en gemeenskappe te skep. Saam kan gemeenskappe bou aan veiliger ruimtes en aan ’n hoopvolle toekoms,” sluit Groenewald af.
Besoek www.wordlid.co.za om by jou naaste tak aan te sluit en só ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap te maak.




