| | |

Mooirivier-buurtwagte lê 1 551 km af om sigbaarheid te verhoog tydens nasionale massapatrollie

AfriForum se Mooirivier-buurtwagte het op 27 en 28 Maart in samewerking met die plaaslike Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), gemeenskapslede en verskeie sekuriteitsmaatskappye deelgeneem aan die organisasie se nasionale massapatrollie. Die patrollie het omstreeks 16:00 begin en tot 04:00 die volgende geduur. Die nasionale massapatrollie het ten doel om sigbaarheid te verhoog.

Altesaam 128 AfriForum-patrolleerders het aan die patrollie deelgeneem en 1 551 km in 67 voertuie afgelê in hierdie tyd. Daar was ook nege lede van onderskeidelik die plaaslike SAPD, GPF en ander veiligheidsrolspelers wat deelgeneem het. AfriForum se buurtwagte in Bothaville, Sasolburg, Viljoenskroon, Songloed, Potchefstroom en Stilfontein het deelgeneem in hul onderskeie areas.

Danksy die verhoogde sigbaarheid gedurende die massapatrollie is geen insidente in die streek aangemeld nie.

Die buurtwagte in Bothaville en Potchefstroom het van die geleentheid gebruik gemaak om hul gebeurlikheidsplanne in te oefen waar onder ’n gebeurlikheidsplan wat gedurende onluste geïmplementeer kan word.

“Ek is baie trots op hierdie Mooirivier-buurtwagte wat altyd bereid is om aan die nasionale patrollie deel te neem. Ek bedank ook elke patrolleerder, wat elke nag bereid is om hulle tyd op te offer om na die veiligheid van hulle onderskeie gemeenskappe om te sien. Dit is ook opvallend dat die buurtwagte reeds planne maak om ten spyte van die vreeslike brandstofpryse, steeds effektief na hulle dorpe se veiligheid om te sien,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Raak vandag nog by AfriForum se buurtwagte betrokke by www.afriforumbuurtwag.co.za.   

Soortgelyke plasings

#OnsSalSelf