| | |

AfriForum se Vryburg-tak sny dorp se gras hektaar vir hektaar

Die AfriForum-tak in Vryburg het gedurende Februarie en die eerste week van Maart verskeie grassnyprojekte in die dorp aangepak in ’n poging om die dorp skoon en netjies te hou vir alle inwoners. Die tak het meer as 1,5 hektaar se gras gesny, waaronder vyf leë erwe en die instandhouding van die konsentrasiekamp-begraafplaas se gras. Saam met die grassny van erwe, is daar ook struike en lae hangende takke verwyder wat dien as moontlike wegkruipplek vir misdadigers.

Die tak het ook die ingang van die dorp op die Tosca-pad se gras gesny om sodoende die sigbaarheid vir motoriste te verbeter en ’n veiliger omgewing te skep.

Verder is die tak hard aan die werk om die nodige verbeteringe aan te bring by ’n geskiedkundige gebied (ossewaspoor) om die dorp. Dit sluit die instandhouding en bewaring van hierdie gebied in.

“Die AfriForum-tak in Vryburg is hard aan die werk om deur hul projekte verskeie aspekte aan te pak.  Met die skoonmaak van leë erwe maak dit nie net die woongebied mooi en netjies nie, maar dit dien ook as ’n veiligheidsprojek waar moontlike wegkruipplekke vir misdadigers vernietig word. AfriForum se Vryburg-tak is ook op hiedie volhoubare manier besig om die dorp vir elkeen te verbeter en ’n veiliger omgewing vir inwoners en besoekers te skep,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland.

AfriForum se Vryburg-tak het verskeie groot projekte in die pyplyn. Een van dié projekte behels die opknapping van stopstrate, wat ’n belangrike projek vir die dorp is. Tydens hierdie projek sal onder meer nuwe stoptekens opgerig en stopstrate se padmerke oorgeverf word.

Raak vandag nog by AfriForum se strukture betrokke. Jy kan help om jóú omgewing te beveilig: Klik hier vir meer inligting.

Soortgelyke plasings

#OnsSalSelf