|

Vreedsame massapatrollie in Mooirivier ná groot opkoms veiligheidsrolspelers

Die AfriForum-buurtwagte in Mooirivier, wat lede van Bothaville, Sasolburg, Viljoenskroon, Klerksdorp, Potchefstroom en Stilfontei insluit, het verlede week ’n massapatrollie in die gebied gehou wat sonder voorval verloop het. Dít is danksy die groot opkoms van veiligheidsrolspelers wat toegesien het dat wet en orde gehandhaaf is.

Die AfriForum-buurtwagte het die patrollies in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), vrywilligers en verskeie privaat veiligheidsdienste gedoen. Altesaam 158 patrolleerders het aan die patrollie deelgeneem en saam 2 263 km in 71 voertuie afgelê. Daar het ook agt individue van onder meer die SAPD en GPF aan die patrollies deelgeneem.

In Songloed, Klerksdorp het die buurtwag saam met die SAPD ’n padblokkade opgestel, verskeie boetes aan motoriste uitgereik en voertuie vir dwelms deursoek. In Potchefstroom het die buurtwag bystand verleen by ’n motorongeluk nadat hulle noodopleiding gehad het.

“Die waarde van hierdie massapatrollie lê nie bloot in die sigbaarheid van die deelnemers of selfs die kilometers wat afgelê is nie, maar in al die rolspelers se bereidwilligheid en vermoë om as ’n geïntegreerde veiligheidsnetwerk vinnig en doeltreffend in werklike noodsituasies op te tree,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Soortgelyke plasings

Veiligheid