Johannesburg-waterkrisis: Dit is tyd om munisipale monopolie op dienslewering stop te sit – AfriForum
AfriForum meen dat die Johannesburg Metropolitaanse Munisipaliteit se oorweging om die private sektor te betrek by watervoorsiening ’n erkenning is dat die bestaande model vir munisipale dienslewering inwoners in die steek laat.
Volgens die organisasie moet inwoners nie gyselaar gehou word deur munisipale monopolieë wat misluk terwyl ander, volhoubare alternatiewe bestaan nie.
Voorts meen AfriForum dat gemeenskappe gedwing word om staat te maak op disfunksionele munisipale stelsels en beperkte vryheid het om ander alternatiewe te oorweeg.
Volgens Lambert de Klerk, AfriForum se bestuurder vir Omgewingsake, moet bekwame private en gemeenskapsgedrewe instellings toegelaat moet word om te help om noodsaaklike dienste te lewer en sodoende ruimte te skep vir innovasie, kompetisie en groter gemeenskapsbeheer.
“Die ware vraag is nie meer of alternatiewe diensleweringsmodelle nodig is nie, maar eerder hoe vinnig doeltreffende oplossings geïmplementeer kan word,” sluit De Klerk af.



