| | |

Edenvale-tak gaan voort met instandhoudingsprojek in Eastleigh

AfriForum se Edenvale-tak het op 3 Oktober voortgegaan met sy instandhoudingswerk in Eastleigh as deel van dié tak se voortdurende betrokkenheid by die verbetering en instandhouding van openbare ruimtes in die gemeenskap.

Die instandhoudingswerk het gefokus op twee klein verkeerseilande by die kruising van Terrace- en Andries Pretorius-straat in Eastleigh.

“Ons glo dat ’n netjiese en goed onderhoude omgewing ’n direkte invloed op die gemeenskap se trots en leefbaarheid het. Waar ons as gemeenskap self ’n verskil kan maak, is ons bereid om hand by te sit en verantwoordelikheid te neem vir die areas rondom ons,” sê Peter Kaminski, verantwoordelik vir die omgewingsake-portefeulje by AfriForum se Edenvale-tak.

Hierdie projek vorm deel van die Edenvale-tak se voortgesette pogings om openbare areas in die gemeenskap netjies en goed onderhou te hou. Deur self hand by te sit waar moontlik, wil die tak ’n praktiese bydrae tot die verbetering van die plaaslike omgewing lewer.

AfriForum se Edenvale-tak sal voortgaan om onder meer aandag te skenk aan instandhouding en gemeenskapsprojekte wat tot ’n veiliger, skoner en meer leefbare omgewing bydra.

Word ’n lid

Maak ’n donasie

Soortgelyke plasings

#OnsSalSelf