|

AfriForum skenk padverf aan Hopetown-staatshospitaal

AfriForum het altesaam tien liter wit padverf aan die Wege Gemeenskapsgesondheidsentrum (CHC) op Hopetown in die Noord-Kaap geskenk om die hospitaalpersoneel in staat te stel om nuwe parkeerstrepe voor die gebou aan te bring.

Tydens ’n vorige besoek aan die hospitaal het Catherine Shihamba, hoof van die fasiliteit, aan Thomas van Dalen, AfriForum se hoof van die Noord-Kaapstreek, genoem dat nuwe parkeerstrepe voor die gebou aangebring moet word, maar dat daar tans nie fondse daarvoor beskikbaar is nie.

Dalena Meintjies (verpleegster) en Thomas van Dalen.

AfriForum het die nodige padverf aan die hospitaal geskenk en die personeel gaan werk daarvan maak om die parkeerarea geverf te kry. Die inisiatief is volgens Van Dalen ’n voorbeeld van hoe gemeenskappe en staatsinstellings deur selfdoen ’n tasbare verskil kan maak.

“Dit is verblydend om te sien dat die personeel van ’n staatsinstelling nog oor so ’n mate van trots op hulle werksplek beskik dat hulle self bereid is om, waar die staat nie voorsien nie, in te spring om die plek te verfraai,” sê Van Dalen.

“AfriForum glo dat gemeenskappe nie bloot moet wag vir die staat om probleme op te los nie. Waar mense bereid is om self verantwoordelikheid te aanvaar en ’n hand by te sit, moet sulke inisiatiewe ondersteun en aangemoedig word.”

AfriForum sal voortgaan om by gemeenskappe betrokke te raak en waar moontlik ’n praktiese bydrae te lewer.

Word n lid

Maak n donasie

Soortgelyke plasings

#OnsSalSelf