| | |

AfriForum se Kuruman-Kathu-buurtspan verwyder 14,7 ton vullis gedurende Augustus

AfriForum se Kuruman-Kathu-buurtspan het gedurende Augustus 14,7 ton vullis verwyder as deel van dié span se voortgesette werk om ’n verskil in die gemeenskap te maak. Dié twee-man-span het gedurende Augustus 166 man-ure ingesit om hierdie reusehoeveelheid vullis te verwyder.

Volgens Carel Roets van AfriForum se Kuruman-Kathu-buurtspan wys die Augustus-resultate hoe volgehoue, praktiese werk ’n tasbare verskil kan maak.

“Wanneer jy elke dag prakties werk aan die probleme wat mense in hul omgewing sien, begin jy die verskil raak sien. Die 14,7 ton vullis is vir ons ’n belangrike resultaat, maar dit verteenwoordig ook baie ure se fisiese werk deur ’n klein span.”

Roets sê die span se fokus bly daarop om sigbare probleme prakties aan te pak.

“Ons is ’n klein span, maar dit beteken nie dat ons nie ’n reuseverskil kan maak nie. Ons wil aanhou om waar ons kan, prakties tot die gemeenskap by te dra en die areas waarin ons werk, beter te laat.”

Die buurtspan se werk gaan voort en AfriForum moedig inwoners aan om self ook betrokke te raak en ’n positiewe rol in hul gemeenskappe te speel.

Besoek www.wordlid.co.za om by jou naaste tak aan te sluit en só ’n verskil in jou gemeenskap te maak.

Word n lid

Maak n donasie

Soortgelyke plasings

#OnsSalSelf