|

AfriForum se Kempton Park-span herstel grafte by Zuurfontein-begraafplaas

Lede van AfriForum se Kempton Park-tak het dele van die Zuurfontein-begraafplaas geïdentifiseer om op te knap as deel van sy deurlopende pogings om dié begraafplaas se toestand te verbeter. Die span het op versoek twee grafte herstel en die area om dit skoongemaak. Vrywilligers het hul tyd en vaardighede gebruik om die terrein te versorg en die geliefdes van die oorledenes te ondersteun.

“AfriForum is dankbaar vir elke persoon wat bereid is om hul tyd op te offer, vaardighede in te span en energie te gee om ’n verskil by die Zuurfontein-begraafplaas te maak. Dit is wonderlik om te sien hoe ons gemeenskapslede saamwerk en hoe elke persoon op hul eie manier ’n bydrae lewer,” sê André Badenhorst, voorsitter van AfriForum se Kempton Park-tak.

Dié tak doen nie net instandhoudings- en skoonmaakwerk by die begraafplaas nie, maar is ook gereeld teenwoordig om ’n oog oor die veiligheid van besoekers te hou. Hierdeur word sigbare en betekenisvolle verandering in ’n gemeenskap bewerkstellig.

AfriForum Kempton Park-tak sal voortgaan om die Zuurfontein-begraafplaas te ondersteun en waar moontlik saam met inwoners en vrywilligers te werk om die terrein te verbeter.

Word ’n lid

Maak ’n donasie

Soortgelyke plasings

#OnsSalSelf