|

AfriForum bankvas agter Bafana Bafana


Die burgerregteorganisasie AfriForum wens Bafana Bafana alle sterkte toe met hul deelname aan vanjaar se FIFA Wêreldbekertoernooi. AfriForum staan bankvas agter dié span wat vanaand, tydens die toernooi se openingswedstryd in Mexicostad, te staan kom teen die gasheerland Mexico.

“Bafana Bafana het reeds ’n uitsonderlike prestasie behaal deur vir vanjaar se FIFA Wêreldbeker te kwalifiseer. Dit is vir Bafana Bafana ’n trotse oomblik om op dié platform met die voorste sokkerspelende lande te kan meeding,” verduidelik Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum.

“Ons is oortuig dat kaptein Ronwen Williams en sy span het wat dit vat om goed te doen in hierdie toernooi. Hulle kan die toernooi aanpak met die wete dat ondersteuners by die huis bankvas agter die span staan en hulle met ywer sal aanpor totdat die laaste eindfluitjie blaas. Ons sien uit na ’n opwindende toernooi,” sluit Kriel af.

Word n lid

Maak n donasie

Soortgelyke plasings

Ons is Afrikaners