Kimberley-woonbuurt spog met nuutgeverfde straatname
AfriForum se Kimberley-tak het onlangs talle straatname in die Carters Glen-woonbuurt op sypaadjies oorgeverf. Die ses straatname wat oorgeverf is, het so vervaag dat dit geensins vir motoriste sigbaar was nie. Waterberg-, en Krakadouwlaan is onder die straatname wat oorgeverf is.
“Die straatname het mettertyd bykans onsigbaar geraak, wat dit moeilik gemaak het vir inwoners, besoekers en selfs nooddienspersoneel om hul weg te vind. Hierdie projek is ’n eenvoudige maar praktiese manier om die woonbuurt netjies, veilig en meer toeganklik te maak,” sê Lize-Mari Smit, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Karoo.
AfriForum moedig inwoners aan om betrokke te raak by plaaslike gemeenskapsprojekte en saam te werk om woonbuurte weer funksioneel te maak. Besoek www.wordlid.co.za vir meer inligting.





