| | |

Noordwes-buurtwagte span saam om sigbaarheid in dié provinsie te verhoog tydens massapatrollie

Die AfriForum-buurtwagte in die Noordwes het gedurende dié organisasie se onlangse nasionale patrollie gehelp om hulle gemeenskappe veilig te hou deur op dieselfde tyd in hul onderskeie gemeenskappe patrollies te ry saam met ander veiligheidsrolspelers.

Marico

Die AfriForum-buurtwagte in Lichtenburg, Brits, Hartbeespoort, Kroondal, Rustenburg, Zeerust, Coligny, Mooinooi, Koster en Ventersdorp het aan dié patrollie deelgeneem. Altesaam 138 buurtwaglede het 3 020 km in 90 voertuie afgelê in hierdie tyd.

Volgens Armand Viljoen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico, was die buurtwaglede baie positief oor dié patrollie. “Ons Brits-buurtwag het die grootste aantal buurtwaglede gehad wat deelgeneem het. Maar elke buurtwaglid wat hulle tyd opgeoffer het om hierdie tyd te patrolleer word opreg waardeer. Dit is werklik iets om op trots te wees dat hierdie buurtwaglede, ten spyte van die hoë brandstofprys, steeds opgedaag het om hul gemeenskappe te help beveilig.”

Daar is geen arrestasies gemaak nie hoewel die Brits-buurtwag ’n aantal vermeende dwelmverslaafdes verjaag het.

Stellaland

In die Stellaland-streek het AfriForum se Vryburg-, Sannieshof-, Delareyville-, Bloemhof- en Christiana-buurtwagte aan dié patrollie deelgeneem.

Altesaam 55 AfriForum-buurtwaglede het 790 km in 29 voertuie afgelê in hierdie tyd. Geen insidente is aangemeld nie.

Volgens Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland, is dit vir die Stellaland-buurtwagte ’n prioriteit om sigbaarheid in hulle dorpe te verhoog ten einde misdaad te bekamp. “Gemeenskapsveiligheid is baie belangrik en daarom sal die buurtwagte aanhou om te groei, te versterk en gemeenskappe te dien.”

Mooirivier

Lede van die AfriForum-buurtwagte in Potchefstroom, Stilfontein en Songloed het ook aan dié patrollie deelgeneem.

Volgens Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mooirivier, is hierdie buurtwagte getrou aan hul gemeenskappe. “Hoewel dit ’n klein groepie was wat deelgeneem het, dra hulle werklik hul gemeenskappe se belange op die hart. Ons is dankbaar dat daar geen ernstige insidente gedurende hierdie patrollie aangemeld is nie.”

Word ’n lid

Maak ’n donasie

Soortgelyke plasings

Veiligheid