| | |

Majodina moet haar tasse pak ná uitbarsting teenoor gemeenskapslid – AfriForum

Klankgreep: Lambert de Klerk (Afrikaans)

AfriForum eis Pemmy Majodina, minister van Water en Sanitasie, se afdanking ná sy gister (9 September) tydens ’n gemeenskapsbyeenkoms in Loerie in die Oos-Kaap teenoor ’n lid van die gemeenskap uitgebars het en hom met skeldtaal toegesnou het. Die gemeenskapslid is na bewering gestremd.

AfriForum hou vol dat Majodina se gedrag strydig is met etiese kode vir ministers wat onder meer bepaal dat ’n minister ten alle tye en in alle opsigte in ooreenstemming met die integriteit van hul kantoor of die regering moet optree.

Die organisasie doen verder ’n beroep op lede van die parlement wat hierdie optrede veroordeel, om ’n klag ingevolge die Wet op die Etiek van Lede van die Uitvoerende Gesag 82 van 1998 by die Openbare Beskermer in te dien sodat Majodina se optrede verder ondersoek kan word.

Lambert de Klerk, bestuurder van Omgewingsake by AfriForum, bestempel dié gedrag van ’n minister as “onaanvaarbaar”. “Die minister behoort, ongeag die omstandighede waaronder hierdie opmerking gemaak is, gemeenskapslede se besware altyd met respek aan te hoor. Die feit dat sy só gereageer het, dui daarop dat sy ongeskik is vir die posisie van minister,” verduidelik De Klerk.

Word n lid

Maak n donasie

Soortgelyke plasings

#OnsSalSelf