AfriForum verkla Supra Mahumapelo by VN ná dreigement oor die skrap van burgerskap
AfriForum het Supra Mahumapelo, voorsitter van die Parlementêre Portefeuljekomitee oor Internasionale Betrekkinge en Samewerking, vandeesweek amptelik verkla by die Verenigde Nasies (VN) se spesiale rapporteurs vir die verdedigers van menseregte. Dit volg in reaksie op Mahumapelo se aanbevelings dat wetgewing verskerp moet word sodat individue hul burgerskap moet kan verloor indien hulle wat die regering beskou as waninligting oor Suid-Afrika in die buiteland versprei. Hy het ook aanbeveel dat wetlike bepalings uitgebrei moet word om aanklagte van hoogverraad te kan verseker in sodanige omstandighede. In dié aanbevelings, wat op 7 Oktober vanjaar tydens ’n sitting van die komitee gemaak is, het hy spesifieke verwysings na AfriForum gemaak.
AfriForum het die klag gister oorhandig tydens die organisasie se eerste ontmoeting ooit met ’n spesiale rapporteurs-mandaatspan.
AfriForum het vroeër vandeesmaand Mahumapelo skriftelik versoek om sy voorstel om AfriForum-verteenwoordigers se Suid-Afrikaanse burgerskap te herroep en sy ongegronde beskuldigings van hoogverraad en die verspreiding van waninligting terug te trek. Daarbenewens het die burgerregteorganisasie Mahumapelo ook versoek om, indien hy daarvan oortuig is dat AfriForum wel waninligting versprei het, bewyse hiervoor te lewer. AfriForum het ook versoek om die komitee toe te spreek om die organisasie se standpunt rakende die verhoudinge tussen Suid-Afrika en die VSA en die kritieke nasionale belang van gesonde buitelandse betrekkinge aan die komitee voor te hou.
Volgens Werner Human, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, het Mahumapelo sy stellings sonder enige feitelike basis aan die komitee voorgehou en sy aanbevelings aan die hand daarvan gemaak. Human waarsku dat Mahumapelo se aantygings teen AfriForum en ander burgerlike organisasies, sy aanbevelings en talle komiteelede se steun daarvoor nie ligtelik opgeneem moet word nie.
“Sonder enige feitelike gronde is AfriForum en ander organisasies as’t ware voor hierdie komitee skuldig bevind aan hoogverraad en afgemaak as individue wat nie Suid-Afrikaanse burgerskap werd is nie,” benadruk Human. “AfriForum beskou dié aantygings en aanbevelings in ’n hoogs ernstige lig en het daarom – in die afwesigheid van ’n reaksie op ons skrywe aan Mahumapelo – besluit om die klag by die spesiale rapporteur vir die verdedigers van menseregte te lê.”
Human hou vol dat die Suid-Afrikaanse regering, met politieke retoriek soos dié van Mahumapelo, deurlopend poog om die blaam vir die stram verhouding tussen Suid-Afrika en die VSA weg van hulself te verskuif en op organisasies soos AfriForum te plaas. “Ons sien boonop nou ’n duidelike skuif waarin daar nie meer net blaam op AfriForum geplaas word nie, maar waar daar deur ’n amptelike parlementêre komitee planne gemaak word om AfriForum se mond te snoer,” sê Human.
In die klag wat AfriForum by die spesiale rapporteur ingedien het, wys die organisasie op die wesenlike risiko’s wat Mahumapelo se aanbevelings vir burgerregteorganisasies in Suid-Afrika inhou. “Mahumapelo skep deur sy optrede ’n klimaat waarin plaaslike organisasies wat hulle vir die beskerming van burgerregte en die regte van minderhede beywer, al hoe minder vry gaan voel om die regering se beleid en optrede openlik en krities te bevraagteken. Strenger optrede soos wat Mahumapelo voorstel, is daarop gemik om dié instellings te muilband en vrees vir onbillike straf in te boesem,” verduidelik Human.
Mahumapelo het tydens die 7 Oktober-sitting onder meer verklaar:
So, I want to suggest to the Committee that we suggest collectively to the Minister that we must explore strengthening the law to strip off the citizenship of individuals who are South Africans and go all over the world to mislead the world about their country so that South Africa can become either skunk or a pariah in the eyes of the rest of the world. So that’s the first proposal I want to make in the context of Section 8, Subsection 2, Subsection B, which gives powers to the Minister of Home Affairs. So, the legal people can look at it and later we can look as to whether it is viable or not. Secondly, I’m suggesting that within this review of the law, the aspects of high treason will have to be looked at because in the law there’s a lacuna; there’s a vacuum. It is not explicit with regard to this conduct of the South African citizens who have gone to the US and mobilised against their own country. And I must make it clear we will never be opposed to anyone going anywhere in the world to associate with whoever they want to associate with. But if you go all over the world and mobilise against your own country, it becomes something else. Because our Constitution as the Minister has indicated earlier allows individuals, organisations, groupings and other to petition the government to protest to take the government to the courts. Those rights are protected in the South African Constitution. So, when people go above board and they do what these four organisations have done, we cannot call upon the South African people to take up arms against them. We can only use the rule of law to tighten up the situation.
AfriForum versoek in sy klag die spesiale rapporteurs om die betrokke verklarings en omstandighede te ondersoek om onder meer:
- te bepaal of dit neerkom op intimidasie of vergelding teen verdedigers van menseregte;
- duidelikheid by die Suid-Afrikaanse regering te verkry oor enige beplande burgerskapsverwante of kriminele maatreëls wat gemik is op organisasies wat vreedsame internasionale voorspraak maak; en
- versekering te vra dat geen persoon se burgerskap arbitrêr ontneem sal word of krimineel vervolg sal word vir die uitoefening van internasionaal beskermde menseregte nie
Human hou intussen vol dat AfriForum, ondanks dreigemente van straf, nie oor onreg sal swyg nie.



