|

AfriForum se Chrissiesmeer-tak verlig die nood waar die Msukaligwa Plaaslike Munisipaliteit faal

Afriforum se Chrissiesmeer-tak se vullisdromprojek, grafteprojek en sekuriteitsgroep maak ’n sigbare verskil in dié dorp en bring broodnodige verligting daar waar die Msukaligwa Plaaslike Munisipaliteit toenemend misluk om betroubare dienste te lewer.

Die tak het vanjaar reeds 619 sakke vullis verwyder om die las van ophopende vullis weens die agteruitgang van betroubare vullisverwydering deur die munisipaliteit te verlig. In Julie is 89 sakke vullis verwyder, en ’n skoonmaakaksie is op die hoek van Bothwell- en Percystraat uitgevoer om dié kruising op te knap.

Millicent van den Heever, voorsitter van AfriForum se Chrissiesmeer-tak, sê sy het reeds opgemerk dat die dorp skoner is en dat die netjiese omgewing tot ’n beter indruk onder toeriste bydra.

“’n Mens kan met ’n projek soos hierdie ’n groot verskil in ’n dorp maak. Ons ontvang  gereeld  komplimente van toeriste wat opmerk hoe die dorp verbeter het,” verduidelik sy.

Die tak het intussen ook  sy grafteprojek voortgesit. Dié projek is daarop gefokus om grafte in die dorp se begraafplaas in stand te hou. Aangesien die plaaslike munisipaliteit nie daarin slaag om die begraafplaas-terrein voldoende te onderhou nie, help die tak om gereeld gras te sny en die algemene netheid van die terrein te bevorder. 

Die Chrissiesmeer-tak het ook in Julie deelgeneem aan AfriForum se massapatrollie en vier voertuie is hiertydens in Chrissiesmeer ingespan as deel van hierdie groter veiligheidsoperasie.

Van den Heever sê die tak wil graag die projekte voortsit, maar benadruk dat ondersteuning van die plaaslike sakegemeenskap nodig is.

Sluit vandag nog aan by AfriForum gee jou steun aan die Chrissiesmeer-tak. Besoek www.wordlid.co.za of kontak Millicent van den Heever (079 300 9402) vir meer inligting.

Word ’n lid

Maak ’n donasie

Soortgelyke plasings

#OnsSalSelf