| |

AfriForum getuig môre voor Khampepe-kommissie

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, getuig môre (Donderdag 26 Februarie) voor die Khampepe-kommissie van ondersoek oor politieke inmenging wat verhoed het dat ANC-leiers vervolg word vir hul aandeel aan terreurdade tydens die vorige bedeling.

AfriForum verteenwoordig sedert 2007 vir Dirk van Eck wie se vrou, Kobie, en twee van hul kinders – Nelmari (8) en Nasie (2) – in Desember 1985 in ’n ANC-landmynaanval vermoor is.

Cilliers van der Merwe, wie se pa, Jaap, op 1 November 1978 naby die Botswana-grens deur ANC-insypelaars vermoor is, gaan ook môre voor die kommissie getuig. Jaap se liggaam is nooit gevind nie. Geen vervolgings het op Jaap se moord gevolg nie, ondanks die feit dat die persoon wat die sneller getrek het, se identiteit bekend is en hy nooit amnestie vir die misdaad ontvang het nie.

Besonderhede rakende die sitting is soos volg:

Datum:           Donderdag 26 Februarie 2026

Venue:            Sci-Bono Discovery-sentrum, h.v. Miriam Makeba- en Helen Josephstraat, Newtown, Johannesburg

Tyd:                 09:00

Soortgelyke plasings

Magsmisbruik