Water
| | |

Nóg ses dorpe in Noord-Kaap met droë krane: antwoorde en optrede nou nodig

AfriForum doen ’n beroep op die Noord-Kaapse premier, dr. Zamani Saul, en verskeie Noord-Kaapse departemente, distriksmunisipaliteite en die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK), om dringend die uitdagings rakende watertoevoer, wat tans agt dorpe in die Noord-Kaap affekteer, te ondersoek.

De Aar, Loxton, Vaalharts, Delportshoop, Kakamas en Keimoes gaan tans gebuk onder wisselvallige watertoevoer sonder enige aanduiding van wanneer dit opgelos gaan word.

Lize-Mari Smit, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Karoo, meen dat hierdie situasie nie ’n eenvoudige tegniese probleem is nie, dit is nou ’n krisis wat inwoners se gesondheid en waardigheid bedreig. Dit het ook ’n impak op die stabiliteit van die plaaslike ekonomie. Die gebrek aan skoon, lopende water skend inwoners se reg tot water soos dit in artikel 27 (1)(b) van die Grondwet vervat is.

Die organisasie eis dat die owerhede die volgende doen:

  • ondersoek instel na die watervoorsieningskwessie wat die agt dorpe raak;
  • om met die onderskeie munisipaliteite te skakel oor hul gebrek aan voldoende geskrewe terugvoer en remediërende optrede;
  • te verseker dat onmiddellike maatreëls implementeer word om die watertoevoer te herstel en stabiliseer; en
  • bevestig watter oorsig-, ondersteunende- of afdwingende stappe gedoen sal word om verdere onderbrekings te voorkom.

Die nasionale minimumstandaard vir watervoorsiening is soos volg:

  • minstens 25 liter water per persoon per dag;
  • minimum vloeitempo van 10 liter per minuut;
  • betroubare watervoorsiening wat verseker dat inwoners nie langer as sewe dae per jaar sonder water sit nie.

Indien wateronderbrekings langer as 24 uur duur, moet daar noodwatervoorsiening wees van minstens 10 liter drinkbare water per persoon per dag.

AfriForum het in hul skrywe hul bereidwilligheid bevestig om aan betekenisvollle gesprekke met die plaaslike staatsdepartemente deel te neem ten einde oplossings vir verskeie probleme te vind.

Soortgelyke plasings

#OnsSalSelf