|

AfriForum-buurtspan sit grassnyprojekte in Vryburg voort

AfriForum se Vryburg-buurtspan het gedurende Oktober meer as 2,8 hektaar se gras by openbare spasies en private terreine gesny. As deel van die tak se voortgesette pogings om Vryburg skoon te hou, het die toegewyde buurtspan die afgelope jaar meer as 17 hektaar se gras in die dorp gesny.

Die jongste grassnyprojek het onder meer die skoonmaak van drie leë erwe ingesluit, asook die sny van die konsentrasiekampbegraafplaas se terrein. Deur hierdie gebiede in stand te hou help die buurtspan om verwaarloosde ruimtes op te knap, belangrike historiese bakens behoue te laat bly en moontlike veiligheidsrisiko’s wat met lang gras en onversorgde terreine gepaardgaan, te beperk.

AfriForum se Vryburg-tak is deurlopend besig met verskeie gemeenskapsprojekte wat daarop gemik is om ’n positiewe verskil op die dorp te maak. Die afgelope tien maande het hierdie tak juis nagenoeg 1 500 kg se teer gebruik om slaggate op te vul.

“Inwoners kan ’n belangrike rol speel in die verbetering van hul omgewing en met praktiese betrokkenheid kan volhoubare verandering teweeg gebring word. AfriForum moedig daarom inwoners aan om nie net op ander staat te maak om ’n verskil te maak nie, maar om self betrokke te raak. Elke persoon wat bereid is om tyd en moeite in hul gemeenskap te belê, kan help om Vryburg ’n beter plek te maak,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland.

Raak vandag nog by AfriForum se strukture betrokke. Jy kan help om jóú omgewing te verbeter. Klik hier vir meer inligting.

Word ’n lid

Maak ’n donasie

Soortgelyke plasings

#OnsSalSelf