| | |

Springs-tak versterk reaksiespan deur opleiding en fiksheidsessies

AfriForum se Springs-tak het die afgelope drie maande daarop gefokus om sy reaksiespanlede op te lei en te ontwikkel deur middel van praktiese skietopleiding asook fiksheids- en spanbougeleenthede. In Julie vanjaar het tien lede skietopleiding ondergaan waartydens hul praktiese vaardighede verder ontwikkel is en in Oktober het ses lede ’n afsonderlike fiksheids- en spanbougeleentheid bygewoon waar die fokus geval het op paraatheid en samewerking.

Hierdie opleiding word deur AfriForum se protospanlede aangebied en is daarop gemik om ’n kerngroep buurtwaglede met meer gevorderde en intensiewe opleiding toe te rus sodat hierdie lede ingespan kan word om vinnig op meer ernstige voorvalle te reageer waar goeie samewerking en paraatheid van belang is om hierdie soort situasies te ontlont.

Deur gereelde opleiding en fisieke voorbereiding word daar gepoog om te verseker dat reaksiespanlede hul verantwoordelikhede met groter selfvertroue en doeltreffendheid kan uitvoer. AfriForum se Springs-tak bly verbind tot die ontwikkeling van goedvoorbereide buurtwaglede wat ’n aktiewe rol in gemeenskapsveiligheid speel.

“Dit is belangrik dat ons reaksielede goed kan saamwerk en wanneer mens saam op die skietbaan is of met fiksheid besig is leer mens mekaar baie goed ken. Ons leer mekaar se sterk- en sakpunte ken en só kan ons beter saamwerk wanneer noodsituasies opduik,” sê Petro Kirton, voorsitter van AfriForum se Springs-tak.

Word ’n lid

Maak ’n donasie

Soortgelyke plasings

#OnsSalSelf