|

Valke bevestig naderende vervolging in AfriForum se EFF-dossier

Die Direktoraat van Prioriteitsmisdaadondersoeke (Valke) het bevestig dat die ondersoek in die VBS Bank-skandaal afgehandel is en dat die verdagtes binnekort vervolg sal word. AfriForum se privaatvervolgingseenheid het nou gevra vir bevestiging dat die klagtes van rampokkery, geldwassery en korrupsie, soos dit uiteengesit is in die klagte wat Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, ingesluit is by hierdie saak soos die ondersoekbeampte beweer.

Die Valke se ondersoekbeampte het ’n vergadering met Kriel, adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid en die privaatvervolgingseenheid se hoofondersoeker Andrew Leask gehad op 17 Januarie vanjaar. Die luitenant-kolonel het gesê dat Kriel se dossier gesluit is aangesien sy klagte ’n duplisering was van klagtes wat hulle reeds ondersoek het as deel van ’n klagte wat in 2019 gelê is.

Nel het in ’n skrywe aan die Valke se afdelingsbevelvoerder van die teenkorrupsie-ondersoekafdeling, gesê dat daar sekere afleidings is wat nou gemaak kan word uit die inligting dat die ondersoek afgehandel is. Een daarvan is dat die privaatvervolgingseenheid moet aanvaar dat die ondersoek sekere bewerings ingesluit het wat gelei het tot die ondersoek teen Malema, Shivambu en die EFF as ’n kriminele onderneming en dat dié ondersoek verder gestrek het as net die VBS-bewerings.

Hoewel die Valke aangedui het dat hulle Kriel se verklaring in die korrespondensieafdeling van die dossier sou byvoeg, het Nel voorgestel dat die dossiere eerder saamgevoeg moet word en dat Kriel se verklaring as ’n klagte by die ondersoekafdeling gevoeg word. Nel voer verder aan dat die Valke se besluit om Kriel se klagte as ’n duplikaat te liasseer ’n oorsigfout was. “Dit is ons siening dat Kriel se strafregtelike klagte kriminele misdrywe meer omvangryk is as dit wat in die VBS-saak uiteengesit is. Juis daarom kan Kriel se klagte nie eenvoudig opsy geskuif word as ’n duplisering nie.”

Kriel het in Julie verlede jaar ’n klagte ingedien sodat die SAPD vir Malema en Shivambu kan ondersoek op klagtes van onder meer rampokkery  en bedrog.

Kriel het in fyn besonderhede uiteengesit hoe die beplande en herhalende bedrog, korrupsie en rampokkery wat na bewering deur Malema en Shivambu gepleeg is, aan die vereistes vir ’n kriminele oortreding voldoen soos dit in die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad (POCA) vervat is. Dié klagte is op 19Julie by die Sandton-polisiestasie ingedien.

Kriel se verklaring het veral verwys na die onthullings wat Tshifhiwa Matodzi, voormalige voorsiter van VBS Bank, in sy verklaring gesit het as deel van ’n pleitooreenkoms. “Hierdie beweerde kriminele optrede moet nie meer in isolasie van die sogenaamde ‘VBS-skandaal’-verdagtes beskou word nie, maar moet ook die verdagte, en na my mening onontginde, beskuldigings insluit wat na die EFF politieke party as ’n onderneming verwys.”

“Volgens my kom die openbare gedokumenteerde inligting neer op genoegsame redelike vermoede dat  die stigting van ’n EFF-onderneming dui op ’n geskiedenis van beplande, voortdurende en herhaalde deelname of betrokkenheid by kriminele optrede deur hierdie individue. Dit verg ywerige en standvastige ingryping deur die owerhede op ’n wyse waar hulle aan die verwagting voldoen dat hulle hul grondwetlike verpligtinge sonder vrees, guns of vooroordeel sal nakom,” sê Kriel.

Soortgelyke plasings