Riool steeds probleem in Vanderbijlpark
AfriForum se Vanderbijlpark-tak het opnuut ’n beroep op die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit gedoen om dringend in te gryp by die rioolstorting in Berthault van der Rietstraat in Vanderbijlpark CW5.
Die tak het op 10 Februarie ’n skrywe aan die Emfuleni-munisipaliteit gestuur oor die riool wat terugstoot as gevolg van die rioolpyplyne in die omgewing wat in duie gestort het weens ’n gebrek aan instandhouding. Die munisipaliteit het steeds nie gehoor gegee aan AfriForum se versoek vir ’n aksieplan oor hoe hulle van plan is om die probleem op te los nie.
Verder word versoek dat die munisipaliteit die besoedelde gebiede skoonmaak. Die munisipaliteit het tot 11 April om AfriForum se eise na te kom.
Indien AfriForum geen terugvoer ontvang nie, sal moontlike regstappe oorweeg word.
Besoek www.wordlid.co.za om by jou naaste tak aan te sluit en só ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap te maak.