|

#OnsDorpOnsVeiligheid: Tzaneen-tak fokus op kinders se padveililgheid

AfriForum se Tzaneen-tak het op 28 September hul verbintenis tot padveiligheid getoon deur padtekens en spoedhobbels by die Laerskool Tzaneen aan te bring. Hierdie inisiatief beklemtoon nie net die belangrikheid van gemeenskapsbetrokkenheid om kinders se veiligheid te verseker nie, maar dien ook as ’n voorbeeld van hoe plaaslike aksies ’n betekenisvolle impak kan maak.

Die besluit om padtekens en spoedhobbels by Laerskool Tzaneen aan te bring, weerspieël AfriForum se toewyding om veilige omgewings vir alle lede van die gemeenskap, veral vir kinders, te bevorder. Motoriste wat die spoedgrens oorskry en roekeloos bestuur, is ’n gevaar vir voetgangers daarom is hierdie maatreëls van kardinale belang om potensiële risiko’s en ongelukke te voorkom.

“Die veiligheid van ons kinders op die paaie is ’n bekommernis vir baie gemeenskappe. Duidelike en sigbare tekens en hobbels dien as ’n voortdurende herinnering vir motoriste om by spoedbeperkings en verkeersreëls te hou en versigtig te wees, veral in gebiede waar daar kinders is. Deur hierdie tekens strategies rondom Laerskool Tzaneen te plaas, het AfriForum se Tzaneen-tak ’n proaktiewe benadering gevolg om padveiligheid te bevorder,” sê Shaun Potgieter, leier van AfriForum se Tzaneen-buurtwag.

AfriForum se Tzaneen-tak moedig die publiek aan om by hul projekte betrokke te raak. Stuur ’n e-pos na voorsitter.tzaneen@afriforumtak.co.za of besoek www.wordlid.co.za vir meer inligting.

Soortgelyke plasings