Munisipaliteite se eiendomswaardasies
Die meeste munisipaliteite is in ’n ernstige finansiële verknorsing. AfriForum het in die laaste paar jaar gesien dat hulle buitensporige eiendomswaardasies op eiendomme plaas om eiendomsbelasting op te jaag en sodoende hul begroting aan te vul.
Keer jou munisipaliteit om meer eiendomsbelasting by jou te hef deur onredelike eiendomswaardasies.
Hoe werk dit?
- Kies jou munisipale area hieronder (indien jou munisipaliteit nie hier verskyn nie, beteken dit AfriForum kon nog nie hul nuutste waardasierol opspoor nie).
- Vul jou besonderhede in.
- Ons stuur jou munisipaliteit se waardasierol en beswaarmakingsprosesse aan.
- Gaan jou waardasie na.
- Indien jou waardasie nie markverwant is nie kan jy ’n beswaar indien by jou munisipaliteit deur die vorm in te vul wat ons aan jou stuur.
Vul asb. die volgende besonderhede in:
"*" indicates required fields
Let wel:
AfriForum kan nie namens persone besware indien nie, maar ons voorsien aan jou alle nodige dokumente en wenke om dit self te gaan doen.



