Media-uitnodiging: Solidariteit Beweging gee vyf antwoorde op VSA se vyf versoeke
Die Solidariteit Beweging, wat AfriForum en Solidariteit insluit, gaan môre (Dinsdag 29 September 2026) vyf antwoorde op die VSA se vyf versoeke bekend maak.
Die Amerikaanse regering het verlede jaar ’n stel versoeke aan die Suid-Afrikaanse regering voorgelê waarin geëis word vir die beskerming van eiendomsreg, die prioritisering van plaasmoorde, die veroordeling van die “Kill the Boer”-dreunsang en vrystelling van swart ekonomiese bemagtiging. Dié versoeke het ten doel om die politieke en diplomatieke geskille tussen die VSA en Suid-Afrika by te lê.
Die Solidariteit Beweging, AfriForum en Solidariteit is reeds ’n jaar lank betrokke in gesprekke om ’n skikking tussen dié twee regerings te help bewerkstellig en sal môre hul vyf antwoorde tydens ’n aanlyn mediakonferensie bekendstel.
Die media word hiermee uitgenooi om die bekendstelling regstreeks te volg.
Datum: Dinsdag 29 September 2026
Tyd: 11:00
Plek: Aanlyn op die volgende Facebook-blaaie: Solidariteit Beweging, AfriForum, Solidariteit.



