|

Minder slaggate in Stilfontein danksy AfriForum

AfriForum se Stilfontein-tak het nie gedurende die afgelope feesseisoen op hul louere gerus nie. Dié tak het in samewerking met die gemeenskap en Pieter du Preez,  die VF+-raadslid van wyk 30, ’n grootskaalse aksie aangepak om slaggate in wyk 30 en 31 te herstel. Die AfriForum-tak het met hul eie fondse, asook donasies van gemeenskapslede en ondernemings, 21 ton teer aangekoop.

Die tak het vir eers op die hoofroetes gefokus, naamlik naamlik Ruth First-weg, Bantjesstraat, Stilfonteinweg en ’n groot gedeelte van Keurboomstraat. Die projek sal binnekort voortgesit word aangesien die maatskappy waarby die teer aangekoop word, tydens die feesseisoen gesluit was en die projek dus nie kon voortgaan nie.

“Ek wil graag almal bedank wat betrokke was by hierdie projek en wat in die toekoms ook betrokke gaan wees. Die sukses van hierdie projek tot dusver is opnuut ’n bewys dat ons as gemeenskap ’n groot verskil in Stilfontein kan maak as ons almal saam werk,” sê Jonathan Fourie, voorsitter van AfriForum se Stilfontein-tak.

“Hierdie is ’n baie goeie inisiatief van die tak om Stilfontein te verbeter. Die feit dat die gemeenskap betrokke is, sal ook die volhoubaarheid van die projek verseker,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Om by die tak betrokke te raak, kontak Jonathan Fourie by 082 776 4813.

Soortgelyke plasings

#OnsSalSelf