Blink of stink
"*" indicates required fields
Wie se inisiatief is Blink of stink?
Blink of stink is ’n inisiatief van AfriForum wat daarop gemik is om leerders bewus te maak van die waarde van herwinning en hulle aan te moedig om van jongs af ’n positiewe verskil in hul gemeenskappe te maak.
Wie neem deel?
Vanjaar neem vyf laerskole aan die kompetisie deel, twee skole uit Rustenburg en drie skole uit Potchefstroom.
Waar vind die kompetisie plaas?
Die kompetisie vind by die deelnemende skole plaas, waar leerders oor ’n bepaalde tydperk plastiekbottels insamel.
Wat moet die skole doen en waarom?
Leerders word aangemoedig om soveel moontlik plastiekbottels van die huis af skool toe te bring vir herwinning. Die doel is om kinders te leer dat klein daaglikse besluite, soos om ’n bottel te herwin eerder as weg te gooi, ’n groot verskil aan die omgewing kan maak.
Wat kan jou skool wen?
Die skool wat die meeste plastiekbottels insamel, wen R30 000 én die gesogte titel van Blink-of-stink-kampioene vir 2026. Maar elke deelnemende skool wen ook deur ’n skoner skoolterrein, groter omgewingsbewustheid en die trots om saam ’n verskil in hul gemeenskap te maak.
Moenie ’n morsjors wees nie, wees ’n rommelheld.
Herwin slim, herwin saam!



