| |

Bek-en-klouseer: Steenhuisen pleeg verraad teen SA-boere

Klankgreep: Lambert de Klerk (Afrikaans)
Klankgreep: Lambert de Klerk (Engels)

John Steenhuisen, die minister van Landbou, en sy departement het verraad teen veeboere en verbruikers in die land gepleeg met hul hantering van die aankoop van entstowwe teen Bek-en-klouseer (BKS) en Design Biologix se rol daarin, sê AfriForum.

“Die minister weet dat die regering oneffektief is en dat die privaat sektor doeltreffend is. Tog het hy die oneffektiewe regering bo die privaat sektor gekies deurdat die Departement van Landbou op onderduimse wyse druk toegepas het om Design Biologix uit die proses te sluit,” sê Lambert de Klerk, bestuurder vir Omgewingsake by AfriForum.

Steenhuisen het Maandag tydens die Demokratiese Alliansie (DA) se Noordwes‑kongres in Potchefstroom geïmpliseer dat Design Biologix sy aansoek om die BKS-entstof – wat in Argentinië deur Biogenesis Bagó vervaardig word – in te voer en te versprei, teruggetrek het. Dit sou beteken dat die eksklusiewe agentskapkontrak tussen Design Biologix en Biogénesis Bagó gevolglik herroep is. Design Biologix het Woensdag in ’n verklaring bevestig dat dit egter onwaar is en dat hul uitsluiting die gevolg is van amptenare van die Departement van Landbou se ingryping.

Soortgelyke plasings

#OnsSalSelf