|

AfriForum sny sowat 2,7 hektaar gras en verwyder 84 sakke vullis in Chrissiesmeer

AfriForum se Chrissiesmeer-tak het gedurende September sowat 2,7 hektaar gras by die historiese kerkie, die begraafplaas en langs die N17 gesny en 84 sakke vullis verwyder. Dit bring die totale aantal sakke vullis wat dié tak in die eerste nege maande van die jaar verwyder het, op 703 te staan. Dié werk vorm deel van die tak se volgehoue pogings om die dorp skoon te hou en terreine van plaaslike belang te onderhou en volg in reaksie op die Msukaligwa Plaaslike Munisipaliteit se gebrekkige dienslewering.

Een van AfriForum se vullisdromme in Chrissiesmeer

Millicent van den Heever, voorsitter van dié AfriForum-tak, sê die instandhouding van hierdie terreine is ook ’n manier waarop inwoners na die dorp en sy geskiedenis omsien.

“Die kerkie en begraafplaas is deel van Chrissiesmeer se geskiedenis en verdien om versorg te word. Wanneer ons die gras sny en vullis verwyder, wys ons dat inwoners bereid is om verantwoordelikheid vir hul dorp te neem. Ons wil hê mense moet trots kan wees op Chrissiesmeer en dat besoekers ’n versorgde dorp aantref,” sê Van den Heever.

Die tak moedig inwoners en ondernemings aan om by sy skoonmaak- en instandhoudingsprojekte betrokke te raak. Kontak Van den Heever (079 300 9402) vir meer inligting of besoek www.wordlid.co.za.

Word ’n lid

Maak ’n donasie

Soortgelyke plasings

#OnsSalSelf