| |

AfriForum se Wes-Kaapse buurtwaglede gerat vir stryd teen misdaad

AfriForum se Kaapstad Noord-tak het die afgelope Saterdag opleiding aan dié organisasie se lede van Wes-Kaap-buurtwagte in Bellville aangebied. Ongeveer 150 AfriForum-buurtwaglede – van so ver as Hermanus en Gansbaai – het die opleiding bygewoon.

AfriForum het die opleiding in samewerking met gemeenskapspolisiëringsforums (GPF) en Community in Blue aangebied. Johan Crous, AfriForum se koördineerder vir veiligheid in die Wes-Kaap, het ’n sessie aangebied oor regsaspekte, patrollies, die hantering van misdaad- en ongelukstonele en bevel en beheer.

“Die rol wat die publiek, waaronder buurt- en plaaswagte, in hedendaagse tyd speel om gemeenskappe se veiligheid te verseker, kan nie onderskat word nie. Buurt- en plaaswagte is nie net die gemeenskap se oë en ore nie, maar is ook van onskatbare waarde vir die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in die stryd teen misdaad,” sê Crous.

Kontak Johan Fritz van AfriForum se Bellville-buurtwag by 081 853 7451 of stuur ’n e-pos na voorsitter.kaapstadnoord@afriforumtak.co.za vir betrokkenheid by die buurtwag.

Soortgelyke plasings