AfriForum se nuwe Kuruman-bestuur fokus op veiligheid
Die nuutverkose bestuur van AfriForum se Kuruman-tak wil veiligheid in dié Noord-Kaapse dorpie bevorder. Die nuwe takbestuur is op 10 Maart tydens ’n vergadering aangekondig.
Die nuwe bestuur bestaan uit Ettiene Louw (voorsitter en buurtwagleier), Machiel Jacobus du Plessis (ondervoorsitter en beampte vir omgewingsake), Corné Kruger (sekretaris en beampte vir plaaslikeregeringsake) en Ansie Cilliers (tesourier).
Hierdie dinamiese span is gereed om voort te bou op die nalatenskap wat die vorige bestuur gelaat het en sal ook vars nuwe voorstelle en idees na die tafel te bring. Elke lid bring ’n magdom ervaring en toewyding tot hul onderskeie rolle om te verseker dat die gemeenskap se behoeftes en bekommernisse aandag geniet.
“Die veiligheid van die gemeenskap is van groot belang vir die bestuur, daarom sal ons ons bes doen om die veiligheid in ons buurte en gemeenskap te bevorder,” sê Louw, die nuwe voorsitter vir AfriForum se Kuruman-tak.