|

AFRIFORUM MAAK DIE OOS-KAAP SE BLOU-EN-GROENDRUPPELUITSLAE BEKEND

AfriForum het van Augustus tot Oktober 2020 verskeie dorpe in die Oos-Kaap se water getoets om die gehalte van dié dorpe se drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) te bepaal.

Dié projek was vanjaar belangriker as ooit weens die COVID-19-pandemie en navorsing wat toon dat dié virus in rioolstelsels opgespoor kan word, wat beteken dat ’n mens brandpunte kan identifiseer.

“Ons kon vasstel dat die volgende areas, Aliwal-Noord, Elliot, Jeffreysbaai en Port Elizabeth,  se drinkwater aan die minimum standaarde voldoen en geen skadelike bakterieë bevat nie. AfriForum sal die watergehalte deurlopend toets want inwoners het ’n grondwetlike reg tot skoon drinkwater,” sê Arno Greyling, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Kaap.

Bloudruppeluitslae

Dié uitslae dui daarop dat al die dorpe van Oos-Kaap se drinkwater wat getoets is, skoon is.

Oos-Kaap
PlekMunisipaliteit20132014201520162017201820192020
Aliwal-NoordWalter Sisulu PM–––––Fosfate >25 dpmSkoonSkoon
Barkly-OosSenqu PM–SkoonSkoonSkoonSkoon–––
BurgersdorpWalter Sisulu PM–––––SkoonSkoon–
CradockInxuba Yethemba PM––SkoonSkoonSkoonSkoon––
ElliotSakhisizwe PME. coliSkoonSkoonSkoonSkoon–SkoonSkoon
JeffreysbaaiKouga PMSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon–SkoonSkoon
MiddelburgSteve Tshwete PM–––––Skoon––
MoltenoInkwanca PM––E. coliSkoonSkoonSkoon––
Oos-LondenBuffalo City-metro–––––Skoon––
Port ElizabethNelson Mandela-metroSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon–SkoonSkoon
QueenstownLukhanji PM–––––Fekale kolivormige bakterieë >3 000––
SterkstroomEnoch Mgijima PM–––––Skoon––
StutterheimAmahlathi PM–––––Skoon––
SteynsburgGariep PM–––––Skoon––
TarkastadTsolwana PM––E. coliSkoonSkoonSkoon––

Groendruppeluitslae

Volgens AfriForum se groendruppeluitslae voldoen 3 rioolsuiweringsaanlegte wat getoets is, nie aan die gestelde mikrobiologiese standaarde nie.

Oos-Kaap
PlekMunisipaliteit20132014201520162017201820192020
Barkly-OosSenqu PM––2 000SkoonSkoon–––
BurgersdorpWalter Sisulu PM–––––Skoon––
CradockInxuba Yethemba PM–––2 000>1 000>1 500 fekale kolivormige bakterieë––
ElliotSakhisizwe PM36 000Verwerp4 000––SkoonSkoon–
JeffreysbaaiKouga PM34 000–SkoonSkoonHoë fosfaat-tellings>30 000E. coli >1 000>1000>1 000
Langkloof (Joubertina)Kou-Kamma PMSkoon11 500>2 400–––––
MoltenoInkwanca PM–––Skoon>30 000>1 500 fekale kolivormige bakterieë––
Port ElizabethNelson Mandela-metroSkoonSkoonSkoon–>30 000–>1 000>1 000
QueenstownLukhanji PM–––––>3 000 fekale kolivormige bakterieë––
Aliwal-NoordWalter Sisulu PM–––––E. coli >50 000>1 000>1000
TarkastadTsolwana PM––––Hoë fosfaat-tellings–––

Die burgerregteorganisasie het sy kommer uitgespreek oor rioolsuiweringsaanlegte binne die munisipaliteite waarvan die rioolwater nie aan die gestelde standaarde voldoen nie, naamlik Jeffreysbaai, Port Elizabeth en Aliwal-Noord. “Ons sal die nienakoming verder ondersoek en optree waar nodig,” sê Greyling.

“AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater- en rioolaanlegte. Dié projekte fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar wel op die gehalte van die water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater en behandelde rioolwater gelewer word,” sluit Greyling af.

As die bewaarder van water kom die Departement van Water en Sanitasie nie sy verpligtinge na deur wetgewing toe te pas wanneer munisipale owerhede die skuldige partye is nie. AfriForum versoek inwoners van die Oos-Kaap om aan dié organisasie die mandaat te gee om die gehalte van water voortdurend te moniteer. SMS “Skoon water” na 45342 (R1) en steun hierdie aksie.

Word ’n lid

Maak ’n donasie

Soortgelyke plasings