AfriForum betuig medelye met die afsterwe van Kgosi Bogosieng Mahura
AfriForum het met leedwese kennis geneem van die afsterwe van Kgosi Bogosieng Mahura, Kgosi van die Batlhaping Ba Ga Phuduhutswana Ba Ga Mahura.
“AfriForum dra ons innige meegevoel aan die Mahura koninklike familie, die Batlhaping Ba Ga Phuduhutswana Ba Ga Mahura-kultuurgemeenskap en die nasionale en Noord-Kaapse huise van Tradisionele en Khoi-San Leiers oor. Ons bid vir vertroosting vir almal wat na aan Kgosi Mahura beweeg het en wat onder sy leiding gestaan het,” sê Barend Uys, hoof van Interkulturele Verhoudings en Samewerking by AfriForum.
“Ons glo dat Kgosi Mahura se lewe en voorbeeld in toewyding aan die behoud en versterking van kulturele identiteit en ’n historiese bewussyn toekomstige geslagte van sy kultuurgemeenskap en ook ander kultuurgemeenskappe in die land sal bly inspireer,” sluit Uys af.



