|

Nuwe opleidingsmodule vir AfriForum-buurtwagte ná toename in kinderroof

Klankgreep: Jacques Broodryk (Afrikaans)
Klankgreep: Jacques Broodryk (Engels)

AfriForum se afdeling vir Gemeenskapsveiligheid stel vandeesweek ’n nuwe nasionale opleidingsmodule aan sy 177 buurt- en plaaswagstrukture beskikbaar gestel. Dié module is daarop toegespits om buurtwaglede met die nodige kennis en vaardighede toe te rus om gevalle van menseroof te voorkom en daarop te reageer. Dit kom ná ’n ontstellende toename in veral kinderroof oor die hele Suid-Afrika heen.

Die module sit die verskillende vorme van ontvoering uiteen en ook verduidelik verskeie gedragsaanwysers, praktiese voorkomings- en reaksiestrategieë. Die inhoud sluit ook kontrolelyste, werklike gevallestudies en leiding vir koördinering met wetstoepassers en nooddienste in.

Volgens Jacques Broodryk, AfriForum se hoofwoordvoerder oor Gemeenskapsveiligheid, is dit nodig om buurtwaglede met hierdie kennis toe te rus aangesien gevalle van menseroof en kinderroof wesenlik toegeneem het en dit ’n bedreiging vir gemeenskappe inhou.

In Pretoria alleen is daar tussen Januarie en Maart vanjaar 108 gevalle van kinderroof by die SAPD aangemeld – 22 van hierdie gevalle is in Pretoria-Sentraal aangemeld. Hierdie probleem is egter wydverspreid. Gemeenskappe leef in vrees aangesien misdadigers toenemend kwesbare individue soos kinders en vroue teiken vir finansiële gewin.

Luidens mediaberigte is menseroof in Suid-Afrika veel erger as ’n dekade gelede. Menseroof het van 4 692 gevalle in 2014/15 met byna 264% gestyg tot 17 061 gevalle in 2023/24. Die gevalle in Gauteng dra by tot 52.8% van alle gevalle van menseroof wat in die land aangemeld word. Gevalle van mense- en kinderroof in die Noordwes-provinsie het tussen Januarie en Maart vanjaar na 2 414 gestyg teenoor 2 085 in die eerste kwartaal verlede jaar. Dít is ’n nasionale tendens en weens ’n gebrek aan spoedige optrede word die verdagtes in hierdie gevalle selde aangekeer.

“Elke geval van menseroof of ontvoering is nie net eenvoudig ’n misdaad nie, dit is ’n direkte aanval op ons families, ons kinders en ons gevoel van veiligheid. Hierdie opleiding sal gemeenskappe bemagtig om die eerste en vinnigste verdedigingslinie te wees en ’n aktiewe rol te speel in die bekamping van hierdie verskriklike misdaad,” sê Broodryk.

AfriForum se opleidingsmodule is ’n kritieke stap om die veiligheidsgaping wat deur passiewe en onderbemande wetstoepassers veroorsaak word, te oorbrug.

Broodryk doen ’n beroep op gemeenskappe om ’n doelbewuste poging aan te wend om hul persoonlike veiligheid op te skerp. “Eenvoudige stappe soos om jou daaglikse roetine gereeld te verander, bewus te wees van jou omgewing en te weet wat die nuutste misdaadtendense is, kan help om te verhoed dat jy ’n maklike teiken word.”

Die opleidingsmodule sit ook verskeie voorkomingswenke uiteen vir die beveiliging van huise, werksplekke en kinders om sodoende die risiko van menseroof te beperk. Sommige van die wenke sluit in om versigtig te wees oor inligting wat op sosialemediaplatforms gedeel word, die gebruik van GPS-toestelle vir kinders en bejaardes en om bewus te wees van noodprosedures wat gevolg kan word.

Die organisasie doen ’n beroep op alle gemeenskappe om waaksaam te bly, betrokke te raak en gebruik te maak van AfriForum se veiligheidsopleiding en -strukture.

Vir meer inligting of om toegang tot die opleidingsmodule te verkry, besoek www.afriforum.co.za of kontak jou plaaslike AfriForum-tak.

Soortgelyke plasings