|

AfriForum-buurtwag in Songloed gee opleiding oor regsaspekte

Die AfriForum-buurtwag in Songloed, Klerksdorp, het op 21 Augustus ’n baie geslaagde opleidingsgeleentheid oor regsaspekte vir die plaaslike gemeenskap aangebied. Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risiko-bestuurder het die opleiding aangebied. Die opleiding was gebaseer op die vrae, “Wanneer mag ek skiet?” en “Ek het geskiet, wat nou?”.

Ongeveer 50 mense uit die gemeenskap en lede van ander buurtwagte in die omgewing het die opleiding bygewoon. Die geleentheid was baie interaktief en die bywoners kon hul kwelvrae vir Kamfer vra en onmiddellike antwoorde kry. Die belangrikste is dat ’n mens slegs mag skiet as jou eie of iemand anders se lewe op daardie oomblik bedreig word.

“Gemeenskapslede wat hierdie opleiding bygewoon het, het beslis baat gevind by die wetlike aspekte wat aan hulle oorgedra is. Dit was ook vir hulle lekker om vrae te kon vra en dadelik die antwoord te kon kry. Ons sal beslis nog sulke geleenthede vir die gemeenskap in Klerksdorp organiseer,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Om aan te sluit by AfriForum se Songloed-buurtwag in Klerksdorp, kontak Henda Jordaan by 082 783 5272.

Soortgelyke plasings

#OnsSalSelf