|

Viljoenskroon-tak vaar in verstopte stormwatersloot in

AfriForum se Viljoenskroon-tak het van 5 tot 7 Maart ’n aksie gehou waartydens ’n lang stormwatersloot in die dorp skoongemaak is. Hierdie sloot was al vir ’n geruime tyd met onder meer blare, gras en rommel verstop, wat veroorsaak het dat water in inwoners se erwe terugstoot.

Die gebied om die stormwatersloot – die groenstrook tussen Steyn- en Powriestraat – het ook ’n slaapplek vir haweloses geraak. Die tak het in hierdie gedeelte ingevaar en plantegroei oopgekap en skoongemaak vir beter sigbaarheid. Ongeveer 20 swartsakke, oftewel twee bakkievragte vol, is uiteindelik weggery nadat struike, onkruid en rommel verwyder is.

Die AfriForum-tak in Viljoenskroon wil ’n verskil maak en moedig die gemeenskap aan om probleme by die Moqkaka Plaaslike Munisipaliteit aan te meld en indien hulle geen reaksie kry nie, die AfriForum-tak daarvan in kennis te stel.

Kom neem deel aan die organisasie se toekomstige projekte en aksies deur betrokke te raak. Sluit by AfriForum aan en word deel van die oplossing, besoek www.wordlid.co.za.

Soortgelyke plasings