|

Swanton-moordsaak uitgestel om in Streekhof voort te gaan

Die hofverrigtinge in die saak van die vermoorde Suid-Afrikaanse lugmagsersant Michael Swanton is vandag voortgesit, maar tot 16 November 2026 uitgestel waar dit in die Pretoria Streekhof sal voortgaan.

Swanton is op 28 Januarie 2026 in Pretoria-Noord doodgeskiet nadat hy en sy vrou na bewering deur persone in ’n voertuig met blouligte voorgekeer is. Twee mans, Thabang Eugene Sohole en Michael Makampe, wat destyds as lyfwagte vir die kantoor van Douglas Maimane, voormalige burgemeester van die Madibeng Plaaslike Munisipaliteit, werksaam was, staan tereg op aanklagte wat verband hou met die moord op Swanton en dwarsboming van die gereg.

AfriForum het voorheen sy regspan opdrag gegee om die saak deur middel van ’n waarnemingsopdrag te monitor weens kommer oor die beskuldigdes se politieke verbintenisse en die moontlikheid van inmenging in die regsproses.

“AfriForum sal voortgaan om die hofverrigtinge te monitor in ’n poging om deursigtigheid, aanspreeklikheid en die oppergesag van die reg te bevorder. Niemand, ongeag hul politieke verbintenisse of posisie, behoort bo die reg verhewe te wees nie,” sê Jacques Broodryk, AfriForum se hoofwoordvoerder vir Gemeenskapsveiligheid.

Word ’n lid

Maak ’n donasie

Soortgelyke plasings

Veiligheid, Magsmisbruik