Rand Water se herstelwerk en wateronderbrekings tekenend van groter krisis in Oos-Rand
Rand Water se beplande infrastruktuurherstelwerk, wat van 29 Mei tot 3 Junie sal duur, gaan ’n wesenlike impak hê op huishoudings en dienste in talle gemeenskappe reg oor die Oos-Rand – ook in Kemptonpark, Boksburg, Brakpan, Germiston en Springs. Volgens AfriForum is onderhoud aan infrastruktuur belangrik, maar dit is dikwels gebrekkig en geskied veels te laat. Dit lei ook daartoe dat duisende inwoners gereeld sonder water gelaat word, dikwels met min of geen waarskuwing vooraf.
Rand Water het die onderbreking aangekondig as deel van noodsaaklike herstelwerk aan sy hoofpype en pompstasies, in samewerking met die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit.
AfriForum beskou die huidige krisis as die simptoom van ’n groter probleem: die agteruitgang van munisipale infrastruktuur en die gebrek aan volhoubare beplanning.
AfriForum het verskeie noodwaterpunte in die Oos-Rand, waar inwoners tydens water vir huishoudelike gebruik kan kry gedurende wateronderbrekings.
Kontak gerus die tak om reëlings te tref by die twee beskikbare noodwaterpunte.
- Benoni-tak: 084 976 1234
- Germiston-tak: 072 432 1920
AfriForum doen ’n beroep op gemeenskapslede om betrokke te raak by hul plaaslike strukture, sodat die impak van toekomstige onderbrekings beperk kan word. Besoek www.wordlid.co.za om deel te word van ’n selfdoenorganisasie wat in tye van krisis nie toekyk nie, maar optree.