|

Nuwe AfriForum-buurtspan verwyder 17,6 ton vullis binne eerste twee weke ná stigting

AfriForum se pas gestigte Kuruman-Kathu-buurtspan – wat uit slegs twee werkers bestaan – het binne die eerste twee weke sedert dié span op die been gebring is, reeds 17,6 ton vullis in Kuruman en Kathu opgeruim. Die span het in dié tyd 450 km afgelê en altesaam 160 persoon-ure gewerk om die Kuruman-Kathu-omgewing op te ruim.

Volgens Lize-Mari Smit, AfriForum se distrikskoördineerder in die Noord-Kaap, is dié buurtspan gestig om, waar moontlik, praktiese ondersteuning aan die gemeenskap te bied deur sigbare probleme aan te pak.

“Die buurtspan pak op ’n deurlopende basis opknapping, opruiming- en instandhoudingstake aan, want AfriForum praat nie net oor probleme – ons skep praktiese oplossings. Die resultate van die eerste twee weke wys dat selfs ’n klein span ’n groot verskil kan maak wanneer mense moue oprol en self verantwoordelikheid neem,” sê Smit.

Die buurtspan gaan intussen voort met sy werk in die Kuruman-Kathu-gebied. AfriForum moedig inwoners aan om ook betrokke te raak en saam te werk om hul gemeenskap skoon, veilig en funksioneel te hou.

Word n lid

Maak n donasie

Soortgelyke plasings

#OnsSalSelf