|

Mpumalanga-Hoëveld veilig tydens AfriForum-massapatrollie

’n Totaal van 107 AfriForum-buurtwagpatrolleerders in die Mpumalanga-Hoëveld het Vrydag 11 April aan die organisasie se nasionale patrollie deelgeneem. Die hoofdoel van die massapatrollie is om sigbaarheid te verhoog en hierdeur misdadigers te ontmoedig. Altesaam 76 voertuie het meer as 2 900 km tydens die patrollie in die Hoëveld afgelê. AfriForum-veiligheidstrukture wat deelgeneem het, sluit in Argent-plaaswag (buite Delmas), Chrissiesmeer-buurtwag, Delmas Valke-buurtwag, Ermelo-buurtwag, Middelburg-buurtwag, Piet Retief-buurtwag en Standerton-buurtwag. Die patrollie het 16:00 begin en tot die volgende oggend geduur.

Geen ernstige misdade is tydens die patrollie aangemeld nie, wat ’n bewys is dat dit sy doel dien. Die patrolleerders het wel op vier motorongelukke gereageer. In een van die voorvalle het ’n voertuig deur ’n huis se heining gejaag en teen die huis tot stilstand gekom.

“Verhoogde sigbaarheid is een van die maniere om ons gebiede te domineer en dit dien ook as ’n magsvertoon om misdaad af te weer,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld.

’n Patrollie bevorder ook om samewerking met verskeie ander organisasies, privaat sekuriteit en die Suid-Afrikaanse Polisiediens. Meer as 66 lede van ander instansies en organisasies het saam met AfriForum aan die massapatrollie deelgeneem.

Sluit by jou naaste AfriForum-buurtwag aan: Besoek www.wordlid.co.za.

Soortgelyke plasings