Reën, water
|

Moenie dat gure weer die oorhand kry nie – wees voorbereid met dié AfriForum-wenke

Klankgreep: Tarien Cooks (Afrikaans)

Soundbite: Tarien Cooks (English)

AfriForum moedig gemeenskappe aan om paraat te wees en die nodige voorsorg te tref vir die koue en nat weerstoestande wat vandag  oor groot dele van Suid-Afrika toegesak het. Terwyl temperature reeds skerp gedaal het, verwag talle gebiede nóg reën, sneeu en sterk winde.

“Die burgerregteorganisasie wil benadruk dat gemeenskappe nie onkant gevang moet word nie. Weerstoestande kan in ’n oomblik vererger, maar die impak van hierdie uiterste weer kan aansienlik verminder word as mense die nodige beplanning doen en vinnig by hul omstandighede aanpas,” sê Tarien Cooks, AfriForum se rampbestuurspesialis.

AfriForum stel onder meer voor dat mense meestal binnenshuis bly tydens uiterste weerstoestande, maar nogtans hulself gereed maak vir kragonderbrekings. Hiermee saam word gemeenskappe aangemoedig om steeds kwesbare bure – soos bejaardes en kinders – by te staan in hierdie tyd.

Die publiek word ook aangemoedig om gereeld die nuutste weervoorspellings en -waarskuwings te monitor, om veilige reëlings vir reis en vee te tref en om veral waaksaam te wees rondom riviere, oorstroomde gebiede en bergpasse.

Soortgelyke plasings