Jou gemeenskap, julle veiligheid
Laai die AfriForum-buurtwagtoep af om jou omgewing saam met medebuurt- of plaaswaglede te patrolleer.
Meld insidente soos plaasaanvalle, rooftogte, veediefstal, betreding of grondgrype op die toep aan om boek te hou van die misdaad in jóú area.
Gebruik ook die toep wanneer jy jou plaas of woonbuurt patrolleer.
Nou beskikbaar in Play Store of iStore vir AfriForum-buurtwaglede en SAAI-lede.
Stappe vir registrasie:
Stap 1:
Laai die AfriForum-buurtwagtoep in Play Store of iStore af.
Stap 2:
Klik op “Registreer”, kies die organisasie waaraan jy behoort (AfriForum of SAAI) en sleutel jou ID-nommer in. Jy moet eers registreer voordat jy kan aanteken.
Stap 3:
Sleutel die eenmalige PIN in wat na jou selfoonnommer toe gestuur word.
Stap 4:
Skep jou profiel deur die besonderhede in te vul en kies die buurt- of plaaswag waaraan jy behoort.
Stap 5: Meld aan en klik op “Start patrol” sodra jy patrollie ry of klik op “Report incident” om insidente intyds aan te meld.
Stap 6: Baie belangrik: Maak seker die liggingstelling (Engels: location service) vir die toep is altyd aan sodat jou patrollieroete reg vertoon en korrek deurtrek.



