|

Is Limpopo se vullisterreine knap of pap? AfriForum wil van jou hoor

Landwyd is vullisterreine in ’n bedenklike toestand en vullisverwydering gebrekkig, maar AfriForum wil alles in die stryd werp om dié verval teë te werk. Die burgerregteorganisasie kry dit deels reg deur sy jaarliks vullisterreinoudit, wat bepaal of vullisterreine aan die nodige omgewings-, gesondheids- en veiligheidsvereistes vir verantwoordelike afvalbestuur voldoen. Dit is egter nodig dat die inwoners van Bela-Bela, Modimolle (Nylstroom) en Mookghopong (Naboomspruit), wat weekliks hierdie terreine besoek en van hierdie dienste gebruik maak, om nou hul persepsies hieroor te deel.

AfriForum doen ’n opname om die inwoners van dié gebiede se mening te kry oor die vullisterreine en vullisverwyderingsdienste in die onderskeie areas. Hierdeur kan AfriForum ’n omvattende idee kry oor die publiek se tevredenheid met die bestuur van dié noodsaaklike dienste.

“Die meningsopname is slegs een van die noodsaaklike stappe om te verseker dat die gemeenskappe waar AfriForum betrokke is, skoon omgewings het, wat doeltreffend bestuur word,” sê Hendrik Kotzé, AfriForum se provinsiale koördineerder van Limpopo.

Die doel van die navorsing is om insigte in te win oor die huidige stand van sake sodat AfriForum verdere druk op die munisipaliteite en selfs die premier van die provinsie kan plaas om hul grondwetlike pligte teenoor inwoners na te kom. Dit sal boonop help om die kern uitdagings te identifiseer sodat werkbare oplossing gevind kan word. AfriForum is daartoe verbind om die regte van gemeenskappe te beskerm en te verseker dat basiese dienslewering aan almal voorsien word.

AfriForum doen ’n beroep op al die inwoners van Bela-Bela, Modimolle en Mookgopong om aan hierdie peiling deel te neem. Klik hier om aan die peiling deel te neem en staan ’n kans om ’n R500-geskenkbewys van Takealot te wen.te neem en staan ’n kans om ’n R500-geskenkbewys van Takealot te wen.

Soortgelyke plasings