|

Besoedeling van die Vaalrivier

PETISIE TER ONDERSTEUNING VAN AFRIFORUM SE DRINGENDE HOFAANSOEK TEEN DIE EMFULENI PLAASLIKE MUNISIPALITEIT

PETISIE DEUR INWONERS, EIENAARS VAN EIENDOMME, ONDERNEMINGS EN ANDER PERSONE WAT DEUR DIE AANHOUDENDE RIOOLBESOEDELING VAN DIE VAALRIVIER GERAAK WORD

Doel van die petisie

Ek, die ondergetekende, versoek die Hooggeregshof eerbiedig om geregtelike kennis te neem van die wydverspreide en voortdurende impak van die voortgesette storting van onbehandelde riool in die Vaalrivier en omliggende omgewing op inwoners, ondernemings, besoekers en die publiek.

Hierdie petisie word ingedien ter ondersteuning van AfriForum se dringende aansoek om die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit te dwing om die voortdurende rioolbesoedeling onmiddellik te staak en aan sy grondwetlike en statutêre verpligtinge te voldoen.

Die voortgesette besoedeling van die Vaalrivier beïnvloed ons grondwetlike regte insluitend ons regte op waardigheid, gesondheid, ’n veilige omgewing en toegang tot basiese munisipale dienste.

Deur hierdie petisie te teken, bevestig elke persoon dat hulle persoonlik geraak word deur die voortdurende rioolbesoedeling.

Soortgelyke plasings

#OnsSalSelf