| | |

AfriForum Vullisverwydering: Reeds 107 ton vullis vanjaar verwyder  

AfriForum Vullisverwydering het gedurende Januarie en Februarie vanjaar 107.61 ton vullis uit Bloemfontein-gemeenskappe verwyder. Daar is in totaal 3 924 km in hierdie tyd afgelê om te verseker dat woonbuurte en openbare ruimtes skoner en netjieser kan wees.

Hierdie aksies maak ’n sigbare verskil aan die netheid, gesondheid en algemene veiligheid van gemeenskappe. In ’n tyd waar die Mangaung Metropolitaanse Munisipaliteit herhaaldelik versuim om basiese dienslewering aan belastingbetalers te verseker, staan AfriForum se gemeenskapsinisiatiewe as bewys dat praktiese oplossings wél moontlik is wanneer mense saamstaan.

“Hierdie resultate wys wat bereik kan word wanneer gemeenskappe self verantwoordelikheid neem en saamwerk vir ’n beter omgewing,” sê Christo Groenewald, AfriForum se distrikskoördineerder in Bloemfontein.

“Ons nooi inwoners én plaaslike ondernemings om by hierdie diens aan te sluit sodat ons saam ’n volhoubare verskil kan maak en Bloemfontein kan bou tot die skoon stad wat dit behoort te wees.”

Lede van die publiek wat betrokke wil raak of meer wil weet, kan AfriForum Vullisverwydering se webtuiste besoek by: www.vullisverwydering.co.za.

Soortgelyke plasings

#OnsSalSelf