|

AfriForum se Apiesrivier-buurtwag rig tweede LPR-kamera op

AfriForum se Apiesrivier-buurtwag – wat in verskeie gebiede waaronder Onderstepoort, Rooiwal en Bultfontein patrolleer – het sy tweede LPR-kamera in die Apiesrivier-omgewing opgerig. Hierdie kamera herken nommerplate deur kruisverwysing van sowel ’n plaaslike as internasionale databasis. LPR-kameras is onmisbare hulpmiddels in die bekamping van misdaad in die omgewing en sodoende die beskerming van die gemeenskap.

Enige nommerplaat wat verband hou met ’n oortreding en vantevore op die Syntell-databasis ingelees is, sal deur die kamera opgetel word. Die kamera bied dus inligting wat die polisie sal help om voertuie wat by misdaad betrek is, te identifiseer en op te spoor.

Die tak en buurtwag is besig met samewerkingsooreenkomste vir reaksie voertuie om op bystand te wees, indien nodig.

“Hierdie kameras is uiters belangrik vir ons gemeenskap en is net een van vele maniere waarop AfriForum-buurtwagte misdaad help bekamp en om gemeenskappe te beskerm.” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

Kontak die volgende persone om by AfriForum se Apiesrivier-tak en/of -buurtwag aan te sluit: Colleen Gerber (sekretaris) by 066 531 0319; Renata Taljaard (voorsitter) by 083 545 0319;

Kobus Coetzer (buurtwagleier) by 072 899 0788 of die AfriForum-noodfoon by 076 647 2942.

Soortgelyke plasings