|

AfriForum maak Oos-Kaap se blou-en-groendruppelresultate bekend

AfriForum het onlangs verskeie dorpe in die Oos-Kaap se water getoets om die gehalte van dorpe in dié streek se drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) te bepaal.

AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater en rioolaanlegte. Dié projek fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar wel op die gehalte van die water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater en behandelde rioolwater gelewer word.

“Ons kon vasstel dat die Oos-Kaap se drinkwater aan die minimum standaarde voldoen en geen skadelike bakterieë bevat nie. AfriForum sal die watergehalte egter deurlopend toets. Inwoners het ’n grondwetlike reg tot skoon drinkwater,” sê Arno Greyling, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Suid-Kaap.

Bloudruppelresultate
Dié resultate dui daarop dat al die dorpe van die Oos-Kaap se drinkwater wat getoets is, skoon is.

Oos-Kaap
Plek Munisipaliteit 2017 2018 2019
Aliwal-Noord Walter Sisulu PM – Fosfate >25 dpm Skoon
Barkly-Oos Senqu PM Skoon – –
Burgersdorp Walter Sisulu PM – Skoon Skoon
Cradock Inxuba Yethemba PM Skoon Skoon –
Elliot Sakhiszwe PM Skoon – Skoon
Jeffreysbaai Kouga PM Skoon – Skoon
Middelburg Inxuba Yethemba PM – Skoon –
Molteno Inkwanca PM Skoon Skoon –
Oos-Londen Buffalo City-metro – Skoon –
Port Elizabeth Nelson Mandela-metro Skoon – Skoon
Queenstown Lukhanji PM – Fekale kolivormige bakterieë >3 000 –
Sterkstroom Enoch Mgijma PM – Skoon –
Stutterheim Amahlathi PM – Skoon –
Steynsburg Gariep PM – Skoon –
Tarkastad Tsolwana PM Skoon Skoon –

 

Groendruppelresultate
Volgens AfriForum se groendruppelresultate voldoen drie rioolsuiweringsaanlegte wat getoets is nie aan die gestelde mikrobiologiese standaarde nie.

Oos-Kaap
Plek Munisipaliteit 2017 2018 2019
Aliwal-Noord Walter Sisulu PM – >50 000 E. coli >1 000
Barkly-Oos Senqu PM Skoon – –
Burgersdorp Walter Sisulu PM – Skoon –
Cradock Inxuba Yethemba PM Skoon >1 500 fekale kolivormige bakterieë –
Elliot Sakhiszwe PM Skoon Skoon Skoon
Jeffreysbaai Kouga PM Skoon >1 000 E. coli >1 000
Langkloof (Joubertina) Kou-Kamma PM      
Molteno Inkwanca PM Skoon >1 500 fekale kolivormige bakterieë –
Port Elizabeth Nelson Mandela-metro Skoon – >1 000
Queenstown Lukhanji PM – Fekale kolivormige bakterieë >3 000 –
Tarkastad Tsolwana PM Skoon – –

 

Die burgerregteorganisasie het sy kommer uitgespreek oor rioolsuiweringsaanlegte binne die munisipaliteite waarvan die rioolwater nie aan die gestelde standaarde voldoen nie, naamlik Aliwal-Noord, Jeffreysbaai en Port Elizabeth

“Ons sal die nienakoming verder ondersoek en optree waar nodig,” sê Greyling.

Gee aan AfriForum die mandaat om die gehalte van die Oos-Kaap se water voortdurend te moniteer: SMS “Skoon water” na 45354 (R1) om hierdie aksie te steun.

Lees die volledige verslag hier.

Word ’n lid

Maak ’n donasie

Soortgelyke plasings